Moxe Uitgawe 6

Ons is amper aan die einde van 2025. Kan jy dit glo- En eerlikwaar, ek is klaar met lysies maak: bucket lists, MOET-doen- lyste, Nuwejaarsvoornemens. Genoeg! Dit is nou die seisoen van DOEN. En WEES. 

Om ja te sê vir die lipstiffie, ja vir die skemerkelkie, ja vir intimiteit, ja vir die klein avonture wat ons herinner dat ons in oorvloed moet leef. 

Hierdie uitgawe van MOXIE is anders - meeste artikels is kort, skerp en kom (hopenlik) tot die punt. Geen lang lesings, geen swaar opstelle nie, wel hier en daar ‘n artikel met diepte.  

Met klein vonkies pret, eerlikheid en ondeunde inspirasie wat jy in ’n kort rukkie kan lees. 

Want wie het nou deesdae tyd om deur bladsye vol wol te blaai? Nie ons nie.

Oktober en November bring sonskyn, braaie, troues en die af- en-toe warm gloed. Maar hier is die ding: die lewe is te kort om nie deel te neem nie. 

Dis tyd om kaalvoet te dans, harder te lag, 'n bietjie meer te flirt en op te hou verskoning vra vir die begeerte na plesier in elke vorm - kos, wyn, gesprekke, en ja, ook seks.

Hierdie uitgawe is om jou te herinner: die lewe plateau nie na 40 nie. Dit word warmer. 

Oftewel: LEKKERDER. 
KRY JOU MOXIE HIER

Your Cart
Your cart is currently empty